top of page

ATLETIEK

Baie geluk aan die atlete wat gekwalifiseer het om aan die Gateng kampionskappe deel te neem tydens 8 en 9 Maart 2024.

 

Gauteng byeenkoms

Armand Claase, JJ de Wit, Ruben Esterhuyse, McKayla Fourie, Luhan Koekemoer, Janko Labuschagne, Ziandri Louw, Cherise Meadows-Erasmus, Aldo Potgieter, Riku Potgieter, Jordan Roos, Dylan Schult, Jason Steyn, Ethan Vos

IMG-20240301-WA0028.jpg

Dit is die visie en missie van die skool om geleentheid te bied aan alle opkomende atlete om te ontwikkel tot hul volle potensiaal. Afrigting word behartig deur onderwysers van die skool. Ons neem deel aan ‘n verskeidenheid byeenkomste gedurende die eerste kwartaal. Byeenkomste en oefentye vir gr. 1- 7 atlete word in die eerste nuus- en omsendbrief van die kwartaal gestuur. Al die atlete trek gedurende byeenkomste die Villiesdrag se hemp of indien hulle verkies die Villies afmou hemp en kortbroek aan. Atlete mag ook gedurende formele byeenkomste  met ‘n Villies knie ski broek deelneem. Ons atletiekspan presteer goed gedurende byeenkomste. Jaarliks verteenwoordig van ons atlete die skool in die Distrik-, Gauteng- en SA-kampioenskappe.

 

Ons bied die volgende items aan:

Naellope (60m tot 200m):  o/7 – o/13

Kort en lang hekkies (70m, 75m, 80m, 150m en 200m)

Middel-en Langafstande (600m – 1500m):  o/9 – o/13

Aflos:  o/8 – o/13

Verspring:  o/10 – o/13

Hoogspring:  o/10 – o/13

Gewigstoot: o/10 – o/13

Spiesgooi:  o/12 – o/13

Diskus:  o/12 – o/13

 

Organiseerder: Me. M. Reid

E-posadres: mreid0314@gmail.com

Kontaknr.: (012) 331 1100

 

Spanbestuurder: Me. N. van Staden

Tegniese bestuur: Mnr. J. de Beer

IMG-20200211-WA0006 (1).jpg
bottom of page