top of page

Bevorderingsvereistes vir Graad R tot Graad 3

In die Grondslagfase is graad-tot-graad bevordering, in terme van die toepaslike ouderdomsgroep, die aanvaarde norm, behalwe as die leerder nie die gewenste bevoegdheid toon om die daaropvolgende graad se werk te bemeester nie. ‘n Leerder wat nog nie gereed is om aan die volgende graad se vereistes te voldoen nie, moet geassesseer word om vas te stel watter toepaslike hulp aan die leerder verskaf moet word.

  • Die volgende dien as riglyn om ‘n leerder se vordering in Graad R te bepaal:

    • Voldoende Prestasiebeskrywing (Vlak 4) in een amptelike taal op Huistaalvlak en

    • Matige Prestasiebeskrywing (Vlak 3) in Wiskunde.

 

  • Die volgende dien as riglyn om te bepaal of ‘n leerder toegelaat moet word om van Graad 1 tot 2 en Graad 2 tot 3 in die Grondslagfase bevorder te word:
     

    • Voldoende Prestasiebeskrywing (Vlak 4) in een amptelike taal op Huistaalvlak en

    • Matige Prestasiebeskrywing (Vlak 3) in die tweede vereiste taal op Eerste Addisionele Taalvlak en

    • Matige Prestasiebeskrywing (Vlak 3) in Wiskunde.

Bogenoemde sedert 2012 in werking.

Bevorderingsvereistes vir Graad 4 tot Graad 6

Gr4_6_edited.jpg

     Vlak 3 (40%) in nog 2 ander vakke

     NASIONALE BELEID MET BETREKKING TOT DIE PROGRAM- EN BEVORDERINGS- VEREISTES VAN DIE NASIONALE      KURRIKULUMVERKLARING GRAAD R TOT GRAAD 12

     Graad-tot-graad-bevordering binne die toepaslike ouderdomsgroep sal die aanvaarde norm wees,
     behalwe as die leerder nie die gewenste bevoegdheid toon om die daaropvolgende graad se werk te bemeester nie.

 

  •   Die volgende dien as riglyne om ‘n leerder se vordering in Graad 4 tot 5 en Graad 5 tot 6 in die Intermediêre     Fase te bepaal:

    • Matige Prestasiebeskrywing (Vlak 3) in Wiskunde, en

    • Onderworpe aan subparagraaf (e), ‘n Matige Prestasiebeskrywing (Vlak 3) in enige ander twee (2) van die oorblywende goedgekeurde vakke.

    • Matige Prestasiebeskrywing (Vlak 3) in die tweede vereiste amptelike taal op Eerste Addisionele Taalvlak;

    • Voldoende Prestasiebeskrywing (Vlak 4) in een amptelike taal op Huistaalvlak;

     Bogenoemde sedert 2013 in werking.

Bevorderingsvereistes vir Graad 7 tot Graad 9

Leerders in graad 7 tot 9 sal van graad tot graad bevorder word indien hulle nege (9) vakke, genoem in paragraaf 19(1) tot (8) aangebied het en, behoudens subparagraaf (a) tot (e), aan die bevorderingsvereistes van agt (8) vakke voldoen het, voorts met dien verstande dat die Skoolgebaseerde assesseringskomponent van die negende vak voltooi is.

  • Voldoende Prestasiebeskrywing (Vlak 4) in een amptelike taal op Huistaalvlak;

  • Matige Prestasiebeskrywing (Vlak 3) in die tweede vereiste amptelike taal op Eerste Addisionele Taalvlak;

  • Matige Prestasiebeskrywing (Vlak 3) in Wiskunde;

  • Matige Prestasiebeskrywing (Vlak 3) in enige drie (3) van die ander vereiste vakke;

  • Ten minste ʼn Basiese Prestasiebeskrywing (Vlak 2) in enige twee (2) van die oorblywende vereiste vakke.

 

 

Bogenoemde sedert 2014 in werking.

 

IN LAERSKOOL VILLIERIA IS AFRIKAANS DIE HUISTAAL EN ENGELS DIE EERSTE ADDISIONELE TAAL VOLGENS ONS SKOOL SE TAALBELEID.

Gr%207_9_edited.jpg
bottom of page