top of page

NASKOOLSENTRUM

WAAR DIE PERSONEEL OMGEE

Naskool

 

Laerskool Villieria se Naskoolsentrum beskik oor fasiliteite waar etes op die perseel onder streng gesondheidstandaarde voorberei word.

 

Hierdie fasiliteit is daar vir leerders wie se ouers voldag werk.

  • ʼn Middagete word voorsien.

  • Geleentheid word geskep om huiswerk te doen tydens ʼn vasgestelde studietyd.

  • Geleentheid tot deelname aan buitemuurse aktiwiteite – leerders word op gegewe tye vergesel na die onderskeie areas waar sport aangebied word.

  • Daar word van studente en personeel gebruikgemaak om toesig te hou en

          die leerders met huiswerk te help.

 

Die naskool het nie ʼn vasgestelde program nie. Na studietyd, word die leerders wat nie aan sport- en buitemuurse aktiwiteite deelneem nie, die geleentheid gegun om sosiaal met ander naskoolleerders te verkeer.

 

 

Ons huldig die volgende doelstellings:

  • Die versorging van leerders buite skoolure en tydens sekere vakansies.

  • Om diens te lewer aan ons ouergemeenskap.

  • Om ʼn leefruimte aan elke leerder te bied waarin hy/sy kan “leef”.

  • Om leerders die geleentheid te bied tot studie, sport en ontspanning.

Graad-R leerders word by hul eie skooltjie versorg.

ʼn Middagprogram word aangebied soos storielees, teken, inkleur,

verf-aktiwiteite en vryspel.

 

KOSTES:   Sien inligting onder Finansies.


ETES:
ʼn Ligte middagete word daagliks verskaf.


TYE
Funksioneer vanaf direk na skool:

  • 12:30 (Gr R)

  • 13:00 (Gr 1 en Gr 2)

  • en 13:30 (Gr 3 tot 7) tot 17:30

 
TOELATING
Ingeskrewe leerders van die skool.

DESEMBERVAKANSIE
Die sentrum is gedurende die eerste 3 vakansies van die jaar oop,

maar gesluit gedurende die Desember/Januarie vakansies. 

Tydens vakansies word interessante vakansieprogramme aangebied

om vir dié outjies hul vakansie ook lekker te maak.

 

Naskoolbestuurder: Mev Annatjie Botes
Kontaknommer: 071 5116 464

E-pos : naskool@laerskoolvillieria.co.za

bottom of page