TENNIS

Laerskool Villieria neem deel aan verskeie ligas in die 3de kwartaal. Ons aantal spanne wissel van jaar tot jaar, afhangende van hoeveel spelers beskikbaar is vir die betrokke jaar. Ons tennisspanne en die afrigting van hulle word deur ʼn professionele afrigtingsakademie (Hoof Afrigter:  Mandi Liebenberg 081-801-0168 nickyvandyk@gmail.com) behartig.

 

Die Liga waarin ons skool elke betrokke jaar deelneem, word ook op prestasiegedrewe basis besluit.

 

Laerskool Villieria beskik oor 2 tennisbane, maar ons maak ook gebruik van die Villieria tennisklub se fasiliteite wanneer daar tuiswedstryde gespeel word.

 

Oefentye:

 

Spanoefening vind plaas op Vrydagoggende vanaf 7uur tot 8 uur. Dis word in hierdie tydslot gedoen sodat dit met geen ander sportsoort se oefentye bots nie. Privaat afrigting word aangemoedig en kan met die skool se afrigter gereël word of eie private afrigter waar spelers reeds is.

 

Rondomtalies word gehou om alle leerders die geleentheid te gee om teen maats van dieselfde portuur deel te neem. Leerders speel beste uit 4 spelle om ʼn punt te kry en so word punte versamel om rangorde te bepaal.

 

Ligawedstryde word op Maandagmiddae om 14:00 in die 3de kwartaal gespeel.

 

Organiseerder: Mnr. G. Joubert

E-posadres: villiesskool@icon.co.za

Kontaknr.: 012 331 1100

Ben Swartstraat 1031

Villieria

Pretoria

0186

Tel: 012 331 1100

E-pos: villiesskool@icon.co.za

  • Facebook

© 2020 Laerskool Villieria website is proudly created by Netcon Systems.