LAERSKOOL VILLIERIA
PROJEKTE
Grondslagfase : Kleedkamers Opgradering
Ons Grondslagfase Kleedkamers het ‘n heel nuwe baadjie gekry. Ons is baie trots op die gehalte werk wat gedoen is sodat ons leerders van die opgegradeerde fasiliteite gebruik kan maak.
Nuwe plaveisel: Kerkhekkie
Die plaveisel vanaf die Kerkhekkie by die Grondslagfase is nuut oorgedoen. Stap vir stap is ons skool besig om die opgradering van ons terrein tot sy optimale stand te verbeter
Sagtebalhuisie
Een van ons mees onlangse opgraderings is die bou van ‘n Sagtebalhuisie. Bouwerk is afgehandel, die "Pitch-masjiene" geïnstalleer en alles gereed vir die nuwe seisoen.
Skyfwerp-area
Die area waar ons skool tydens die Atletiekseisoen ook Skyfwerp as een van die items op ons eie terrein kan aanbied, is ook gereed. Nou kan Laerskool Villieria die item op ons eie terrein aanbied en nie meer gebruik maak van ons buurskool se fasiliteite nie.
OPKNAPPING: Bestaande Krieket-aanloop
Die Krieket-aanloop is nou afgehandel in 30ste laan.
OPKNAPPING: Bestaande Krieket-aanloop
Die opgradering en uitbreiding van ons Krieketnette is voltooi. 'n Baie mooi Astro-oppervlak (Astroturf) is aangebring wat die aanloop na die nette meer egalig maak.
OPKNAPPING: Bestaande Krieket-aanloop
Die opknapping van ons skool se krieketnette is voltooi. Die aanloop is tot in die nette bedek met Astroturf en die permanente paaltjies is aangebring.
Kriekethuisie Opgradering!!
Met groot opgewondenheid is die oefennette by die Kriekethuisie ook opgedateer. Ons sien uit na die komende Krieketseisoen waar die seuns hul kan uitleef tydens oefening en voorbereiding. .
Mnr Frikkie Schoeman en sy span is ook meedoënloos besig met opknappingswerk aan die geboue. Die resultate en vordering maak dat ons skool uiterlik, ongeag sy ouderdom, altyd op sy beste vertoon.
Krieket B-Veld
By Laerskool Villieria word daar spesiale aandag gegee aan ons opkomende
krieketspelers. Daar word ernstig gewerskaf om 'n nuwe krieketblad op die B-veld aan te bring sodat ons jonger spelers ook die voordeel van 'n krieketblad kan put.
Plaveisel Oorbaan
Opgradering van bestaande en erg verouderde plaveisel onder afdakke by paviljoen asook netjiese uitbreiding en afronding daarvan tot teen Ben Swartstraat.
Skool se dak geverf