top of page

REVUE

REVUE

Indien daar hierdie jaar revue plaasvind, word daar ‘n juniorgroep vanaf Gr 1 – 4 en ‘n seniorgroep vanaf Gr 5 – 7 uitverkies. Leerders wat wil deelneem word in kennis gestel wanneer oudisies sal plaasvind. Hulle moet dan hulle name by aangewysde afrigters gaan opskryf indien hulle wil deelneem aan die revue. Daar vind dan oudisies volgens grade plaas. Die leerders word in kennis gestel of hulle wel deurdring vir ‘n tweede oudisie. Na die die tweede oudisie word daar 2 finale groepe van ongeveer 60 leerders uitverkies. Die revuegroepe neem deel by die Staatsteater aan die Tshwane Jeugkunstefees. Die groepe sal ook een jaar aan ‘n kultuurproduksie by die skool deelneem en ‘n ander jaar aan die musiekblyspel van die skool.

Organiseerder:       Me R Winters

E-pos:   roelandil@gmail.com

Kontaknr.:      012 331 1100          

LIEDJIEFEES

Die liedjiefees vind een keer elke 3 jaar plaas. Die hele skool neem in klasverband  deel aan die liedjiefees waar hulle volgens ‘n tema bewegings op musiek doen. Die leerders tree in die tweede week van die 4de kwartaal op in die skoolsaal vir 4 opeenvolgende aande.

Organiseerder:       Me R Winters

E-pos: roelandil@gmail.com

Kontaknr.:      012 331 1100

KULTUURPRODUKSIE

Daar vind een keer elke 3 jaar ‘n kultuurproduksie plaas. Ons revuegroepe wat uitverkies word neem volgens tema deel aan die produksie. Ons kies ook dramakinders in elke graad wat kort dramastukke lewer volgens die tema van die produksie. Daar word ook ‘n junior- en ‘n seniorsanggroep gekies waar daar dan sangitems volgens die produksie se tema gelewer word. Die produksie vind in die laaste kwartaal vir twee opeenvolgende aande plaas.

Organiseerder:      Me R Winters

E-pos: roelandil@gmail.com

Kontaknr.:      012 331 1100

 

MUSIEKBLYSPEL

Daar vind een keer elke 3 jaar ‘n musiekblyspel plaas. Die musiekblyspel bestaan uit 3 gedeeltes: dans, sang en drama. Die leerders wat gekies word om deel te neem moet bereid wees om deel te neem aan al 3 gedeeltes.

Organiseerder:       Me R Winters

E-posadres: roelandil@gmail.com

Kontaknr.:      012 331 1100

 

NOORDEKRUIN KUNSTEFEES
Laerskool Villieria neem tans aan die Noorderkruin Kunstefees deel in die kategorie vir Solosang. Oudisies vir die Kunstefees word by die skool gedoen, waarna die sangers voorberei word vir deelname.  Deelnemers word deur die skool ingeskryf.

Huidiglik neem ons net aan die vokaal klassieke kategorie deel. Elke kind word vir een item ingeskryf behalwe as daar potensiaal is vir die kind om aan meer as een kategorie deel te neem.

 

Organiseerder:       Me R Winters

E-pos: roelandil@gmail.com

Kontaknr.:      012 331 1100

bottom of page