top of page
IMG_1040.JPG

RUGBY

Rugby by Laerskool Villieria word beoefen om seuns bewus te maak van die belangrikheid van sportmanskap, om as 'n span te funksioneer, 'n liefde vir rugby te kweek en om rugbyvaardighede te verbeter.

 

Die skool speel tans in die Jakaranda liga en beskik oor kwaliteit afrigters wat betrokke is by die spanne se afrigting. Die o/9 tot o/11-spanne bestaan almal uit ʼn A- en B-span. Die o/13-spanne bestaan uit A-, B- en C-spanne en as die getal spelers dit toelaat, het die o/13-groep ook ʼn D-span.

Omdat deelnemende skole nie altyd oor dieselfde aantal spanne beskik nie, word alternatiewe wedstryde vir die C- en D-spanne gereël sodat die spelers die geleentheid kry om wedstryde te speel. Die spanne onderneem jaarliks toere en ons bied ook 7's-rugby aan. Kwaliteit vriendskaplike wedstryde word jaarliks tot aanloop van die liga gespeel .

 

Ons het oor die jare ʼn hele paar provinsiale spelers opgelewer waarop ons baie trots is.

 

Oefentye

 

Maandae:                              o/9 en o/10                15:00  - 16:00

                                            o/11 en o/13              16:00 – 17:00

 

Dinsdae en Donderdae:             o/9 en o/13                14:00 – 15:30

                                             o/11 en o/13              15:30 – 17:00

 

 

Rugbyklere

 

Die skool is bevoorreg om aan die spelers rugbytruie te voorsien vir wedstryde. Elke speler moet 'n wit rugbybroekie hê. 

(Te koop by ons verskaffers of enige ander klerewinkel)

 

Organiseerder:   Mnr J Malan 

E-posadres: villiesskool@icon.co.za

Kontaknr.: 012 331 1100

bottom of page