

LAERSKOOL VILLIERIA | KLIPSPRINGER KAFETERIA
Inligting aan ouers/voogde
Soos baie van u as ouers/voogde seker reeds bewus is, is ons Snoepwinkel onder nuwe eienaarskap al vanaf 1 Januarie 2023. Talle komplimente en positiewe terugvoer is reeds ontvang ten opsigte van die “nuwe Snoepie/ Kafeteria.”
Daarbenewens wil ons dankie sê aan Mnr. Wernich Mitchell vir die goeie diens wat hy tot dusver lewer aan ons Villiesleerders en personeel. Sien asseblief sy spyskaart met pryse aangeheg.
Spesifieke dae het ook spesiale aanbiedinge.
Vir u as ouers/voogde se gemak bied die Kafeteria die volgende dienste ook:
* Vingerhappies en Platters
* Gevriesde etes
* Gaar aandetes
* Spyseniering vir die verhuuring van die Sporstaal sowel as privaat funksies
* Kolwyntjies vir klas partytjies
Bestellings moet ten minste 2 dae voor die spesifieke dag benodig geplaas word. Volle betaling met bestelling (Slegs per EFT).
Navrae of bestelling en bewys van betaling kan per e-pos gestuur word na dieklipspringer@gmail.com
Leerders koop by die Kafeteria slegs met kontant of met ‘n bankkaarte
Geen vooruitbetaling vir byvoorbeeld ‘n week/maand vir ‘n kind word toegelaat nie.
Neem asseblief kennis, die e-posadres verskaf is SLEGS vir navrae – geen daaglikse snoepiebestellings of snoepiereëlings vir u kind(ers) word aanvaar nie. Geen bestellings of navrae deur die skool se e-posadres.
Vir meer inligting besoek ons Instagram of Facebook blad of kontak ons by dieklipspringer@gmail.com





