top of page
20190425_144035.jpg

NETBAL

Netbal, Mini- en Mandjie-Netbal

Netbal by Laerskool Villieria se doelwitte is om ‘n groot liefde vir die spel en basiese netbalvaardighede, by die dogters te kweek.

Villieria se o/10- tot o/13-spanne neem deel aan die Diamond-liga en word deur ons baie bekwame organiseerder, mev. N Snyman, en haar span onderwysers afgerig.  Spesialisdienste van Me Anje Visser bied bykomende hulp aan vir doelskiet. Ons poog om jaarliks ‘n ontwikkelingsgeleentheid aan te bied gedurende die eerste kwartaal deur ‘n bekwame afrigterspesialis na ons skool te nooi vir ‘n kursus of die dogters op ‘n ontwikkelingstoer/toernooi na verskillende sportskole te neem.

Ons Villies Mini-Netbal bied die o/7 tot o/9- dogters die geleentheid om, onder leiding van mev. Champion en haar bekwame span, die beste voorbereiding te ontvang vir wanneer hul van o/10 af Laerskool Villieria verteenwoordig in die netbalskoleliga. Daar word jaarliks moeite gedoen om ‘n afrigterspesialis te betrek met ‘n baie suksesvolle kursus, by ons bane.

Alle o/6-dogters kan inskakel by ons Mandjie-Netbal, waar ons be-oog om ‘n program aan te bied waar hul fokus op die ontwikkeling van alle beginners se vaardighede en bied wedstrydgeleenthede aan sodat alle belangstellendes blootstelling ontvang. 

 

Oefentye:
o/10 – o/13: Dinsdae en Donderdae 14:00 – 15:30 of 15:00 – 16:00 (C-span)

o/7 – o/9: Dinsdae en Donderdae 14:00 – 15:00

o/6: Dinsdae en Donderdae 13:00 – 14:00

 

"A coach can never make a great player out of a person who is not potentially good, but can make a great competitor out of anyone and turn a loser into a WINNER"

Organiseerder vir Villies Netbal: Mev. N. Snyman

E-posadres: villiesskool@icon.co.za

Kontaknr.: 012 331 1100

Organiseerder vir Mini- en Mandjie-Netbal: Mev. C. Champion
E-posadres: villiesskool@icon.co.za
Kontaknr.: 012 331 1100

bottom of page