top of page

SKOOLHOOF

Mnr Dawid Haasbroek

Dit was nie lank na my aanstelling as posvlak een onderwyser in Januarie 1990 by Laerskool Villieria, dat ek besef het, my Skepper het my in oordaad geseën en vir my ’n plekkie in die Moot kom vestig.

Met ‘n ongelooflike ondersteunende ouerkorps vir wie basiese goeie maniere en gesonde waardes ononderhandelbaar is, was ek net opnuut geseën met my aanstelling as Hoof in 2007.

Laerskool Villieria se plat op die aarde leerders, sy uiters bekwame personeel vir wie omgee vir ons leerders ‘n prioriteit is en waar jy as leerder van die skool nie deur die grootte van jou motor en of huis, die waarde van jou selfoon ensovoorts, jou gewildheid kan bepaal nie.  Die blote omgee vir mekaar sorg tans steeds vir sy ou plattelandse karakter.

Ons sukses met dissipline kan toegeskryf word aan toegewyde ouers, omgee personeel en eenvoudige kantoorgesprekke waarmee alles opgelos kan word.  Ons glo daarin, om eerder te fokus op die positiewe en konstante aanmoediging van leerders.

Mag ons Ouers, Personeel en Leerders hierdie ideale bly koester.  Mag ons vir altyd in belang van ons leerders optree en so gebalanseerde jongmense vir die samelewing voorberei.

Villies groete

DP Haasbroek

Hoof Mnr D Haasbroek.JPG
bottom of page